Koedoeskop Gemeenskapskerk is 'n geloofsgemeenskap in die hartjie van die bosveld. Dit is 'n gemeente wat haar nie laat boei deur geografiese grense nie. Met vier bedieningspunte waaronder die Rivier (alle boere & gemeentelede wat langs die Krokodilrivier af bly en boer), Leeupoort ('n vakansiedorp waarvan permanente inwoners die grootste deel uitmaak), Rooiberg ('n ou myndorpie tussen die pragtige bosveld berge) & Kromdraai ('n unieke gehegte plattelandse gemeenskap). Daar is elke Sondag drie eredienste by drie verskillende bedieningspunte. Koedoeskop Gemeenskapskerk is 'n unieke gemeenskap van gelowiges wat Jesus se liefde wil uitleef binne sowel as buite die gemeente. 'n Kerk wat daargestel is om lig te wees vir 'n hele gemeenskap! Ons omgeewyke gee aandag aan:
Koinonia (Gemeenskap & Diens)
Didachê (Lering uit die Woord)
Marturia (Getuienis)
Leitourgia (Aanbidding & Lofprysing)